Die tonnelstelsel van die Lesotho Hoogland-waterprojek, sal vanaf komende Oktober tot einde Maart aanstaande jaar afgesluit wees. Haarfynbeplanning is reeds gedoen vir
omvangryke herstel- en instandhoudingswerk. Die departement van water en sanitasie sê tonneldroogleggings sal tot ‘n totale watervoorsieningsverlies van ongeveer 80 miljoen kubieke meter lei.

Die tekort sal egter na afloop van die afsluitperiode verhaal word, en geen noemenswaardige tekorte word gedurende die onderhoudsperiode verwag nie. Die projekverdrag vir die Lesotho-Hoogland-waterskema is in 1986 deur vennote Lesotho en Suid-Afrika onderteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×