Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n beroep gedoen op alle verbruikers wat Top Score-kitspap gekoop het, om onmiddellik die pap terug te neem na die winkels waar hulle dit gekoop het vir ‘n terugbetaling.

SABC-nuus berig die produk word herroep nadat drie kinders tussen een en vier jaar oud in Mdantsane in die Oos-Kaap dood is – na bewering nadat hulle van die kitspap geëet het.

Die kommissie sê die herroeping van die produk is ‘n voorsorgmaatreël, aangesien dit nog nie uitgesluit is dat dit die oorsaak van die kinders se dood was nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×