Tot soveel as 38 dorpe in die Vrystaat het tans geen water nie. Dít volgens ‘n onlangse studie deur die VF Plus.

Dorpe soos Wepener, Ventersburg, Brandfort, Theunissen, Winburg en Edenville is al vir meer as twee weke sonder water.

Volgens die VF Plus grens watertekorte in die provinsie aan ‘n humanitêre krisis, met talle gemeenskappe wie se grondwetlike reg tot die toegang tot water misken word.

Water is wel beskikbaar, maar gaan dikwels weens gebrekkige infrastruktuur-instandhouding verlore.

Meer as 50% van water wat deur munisipaliteite aangekoop word, gaan boonop luidens ‘n verslag van die ouditeur-generaal, as gevolg van lekkasies en onwettige aansluitings verlore.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×