Padgebruikers word gemaan om die R59-pad tussen Parys en Sasolburg vermy, nadat ’n dieseltenkwa vroeg vanoggend hier omgeslaan het.
Netwerk24 berig die tenkwa, wat 39 000 liter diesel vervoer het, het omgeslaan en die brandstof he oor die pad uitgestroom.
Mense word aangeraai om die pad verby Barrage te gebruik.
Die vragmotorbestuurder het beserings opgedoen en is na ’n hospitaal geneem.
Die situasie word fyn dopgehou terwyl opruimings gedoen word, aangesien daar ‘n brandgevaarwaarskuwing vir groot dele van die Vrystaat uitgereik
is.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.