Die grusame moorde op Bets Kruger van Byenes-dagsorg in Wilgehof, haar dogter Janine en skoonseun Christo Theron, het einde Junie skokgolwe deur die Bloemfonteinse gemeenskap gestuur.

Toe daar teen einde Augustus, volgens naasbestaandes, nie voldoende vordering met die moordondersoek gemaak is nie, is die saak aan #Mike Bolhuis en sy Specialised Security Services-span oorhandig.

Die Sondag-koerant, Rapport, het ongeveer twee weke hierna, berig inligting wat deur Bolhuis se ondersoekers ingewin is, dui tot soveel as vyf verdagtes is moontlik vir die martel-moorde verantwoordelik.

Bly ingeskakel wanneer Bolhuis vanmiddag om half-een gedurende C’est la Vie in Rosestad-Soeklig, terugvoer oor vordering met die ondersoek gee. Hy deel ook lewensnoodsaaklike inligting oor hoe om jouself, jou geliefdes en jou
gemeenskap teen misdaad te help staal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×