Terwyl eiers op winkerakke vinnig duurder en skaarser word weens die heersende voëlgriep uitbreking, is tot vyf miljoen lêhenne al van kant gemaak.
Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is dit 20% van die nasionale trop, maar aangesien 80% van die lêhenne steeds eiers produseer, sal die verskaffing van eiers nie opdroog nie.
Izaak Breitenbach, hoof van SAPA se braaikuiken-afdeling, het aan Maroela Media gesê die departement landbou het ingestem dat entstowwe vir die twee stamme, H5 en H7 ingevoer kan word.
Daar word ook plaaslik ‘n H7 entstof ontwikkel.
Die invoer van entstowwe kan tussen twee en ses maande duur.
Soos die somer nader kom, word uitbrekings ook minder en boere sal weer hulle troppe kan aanvul, het Breitenbach gesê.