Een mens is dood en vier ander is beseer, toe ‘n gedeelte van die Dehli-lughawe se dak ineengestort het. BBC News berig die dak van een van die terminale het meegegee, nadat swaar reën hier uitgesak het.
Indië se minister van lugvaart, Ram Kinjarapu, het reeds aangekondig dat die slagoffers se families vergoeding sal ontvang. Alle vlugte vanaf die terminaal is vir eers opgeskort.