‘n Gesin van Sasolburg se vakansie het in ‘n tragedie ontaard toe twee lede van die groep verdrink het. Die 56-jarige Johann Griessel en sy 26-jarige dogter Jenney het Dinsdag in Umzumbe naby Hibberdene aan die KwaZulu Natalse suidkus geswem toe hulle deur ‘n sleurstroom meegesleur is. Jenney se verloofde, die 33-jarige Colin Schreuder, het ingegaan om te help toe hy ook in die moeilikheid beland het, het Marlene Drotskie, sekretaresse van die Sasolburgse gemeenskapspolisieringsforum, of GPF, aan Maroela Media vertel. Die NSRI in Shelley Beach is kort na vier-uur na die strand ontbied en Jenney, haar pa en verloofde is uit die see gehaal. Die twee mans is op die strand dood verklaar. Griessel was die stigterslid van die Sasolburg GPF.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×