‘n Man, wie sy middelvinger in ‘n skietery kwyt is, het gister in die Bloemfonteinse hooggeregshof gehoor hy en sy makker is elk op 27 aanklagte skuldig bevind.
Die uitspraak hou verband met ‘n oor en weer skietery wat ten tyde van ‘n transitotrooftog in September 2020 in Bloemfontein ontstaan het.
Volksblad berig Sibusiso Mashinini van Benoni, wat die middelvinger aan sy linkerhand verloor het, en Sello Seremula van Thembisa is onder meer op 13 aanklagte van poging tot moord skuldig bevind.
Ander klagte sluit die rig van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van vuurwapens, en die gebruik van springstof in.