Die saak teen die voormalige Transnet-bestuurders en medebeskuldigdes sal op 2 Februarie volgende jaar verhoor word. Brian Molefe, Anoj Singh, Siyabonga Gama en agt ander het Vrydag in die Johannesburg-hooggeregshof vir ‘n voorverhoorkonferensie verskyn.

Newskoop berig diè saak spruit uit Transnet se aankoop van meer as eenduisend lokomotiewe, ter waarde van meer as 54-miljard rand in 2015. Die beskuldigdes staan tereg op klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Die staat het aan die hof gesê hy het 70 getuies om in die verhoor te getuig. Die beskuldigdes is almal uit op borgtog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×