Transnet het twee bestuurders afgedank omdat hulle na bewering die pryse van weggooibare strooitjies vir asemtoetsers opgeblaas het.
Die strooitjies sou gebruik word om werknemers vir alkohol te toets wanneer hulle Transnet-persele betree.
Die Spesiale Ondersoekeenheid het die tender vir die strooitjies ondersoek nadat dit klagtes van fluitjieblasers ontvang het.
Transnet het die tender van R33,8 miljoen aan drie maatskappye gegee.
Die SOE-ondersoek het bevind dat die pryse met byna 10 000% opgeblaas het.