Die DA verwelkom die aanstelling van Michelle Phillips as nuwe hoofuitvoerende beampte van Transnet.

Die party sê daar rus nou ‘n enorme taak op Phillips se skouers. Om Transnet uit ‘n uiters diep krisis-put te red, is een van die belangrikste boublokke om Suid-Afrika terug op koers na ekonomiese welvaart te laat draai. Volgens die DA is die Transnet-spoor- en hawemislukkings eeen van die land se grootste bedreigings ten opsigte van in- en uitvoer.

Nuwe, asook versterkte openbare en private vennootskappe moet ingespan word om doeltreffendheid te verbeter, terwyl vertroue in Trnasnet tans op ‘n laagtepunt is. Die DA se Mimmy Gondwe doen ‘n beroep op Phillips om haar Transnet-omkeerplan spoedig te deel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×