Transnet probeer nou ‘n ooreenkoms met vakbonde sluit om minstens bederfbare landbouprodukte in hawens te hanteer te midde van die jongste loonstaking.

Loongesprekke sal intussen eers weer môre hervat word nadat alternatiewe voorstelle gemaak is om die loondispuut te probeer opklaar, dit luidens ‘n aankondiging wat vanoggend deur Transnet gemaak is.

Netwerk24 berig voorts die grootste uitaging is tans by vraghouereindpunte, veral in die Kaapstad-hawe waar die vakbond Untu ‘n sterk verteenwoordigheid het.

Sedert bly sowat 20 tot 30 persent van Transnet-werkers weg, en dit sal na verwagting verder toeneem namate die vakbond Satawu se sowat 21 000 lede by Transnet ook begin staak.

Rosestad-nuus het vroeër berig ‘n kenner meen dat hierdie staking die land tot soveel as 8 biljoen rand per dag kan kos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×