Transnet se IT-probleme verlam die bedrywighede in hawens

Uitvoerders van sitrus, vleis en wyn ondervind tans groot probleme, nadat ‘n kuberaanval Transnet se hawens verlam het.

Rye vragmotors staan buite die hawens geparkeer, terwyl aflaai van vrag vertraag word.

Volgens ondernemings met wie Netwerk 24 gesels het, is benewens die verlies aan inkomste, ook die skade wat die
land se geloofwaardigheid ly, uiters nadelig vir uitvoerders.

‘n Tekort aan vraghouers word ook ondervind.

Volgens Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, begin heelwat uitvoerders opsies oorweeg om buurlande se hawens te gebruik.

Nadia Engelbrecht, uitvoerende hoof van The Bulk Wine Centre, se, drie weke se wynuitvoer is beinvloed.

Ongeveer 200 000 liter wyn is iewers in Kaapstad se hawe. Geen aanduiding van verskeping word gegee nie.

Luister na potgooie hieronder