Transnet toon ‘n verlieswaarde van R7 miljard vir sy 2023/2024-geldjaar. Hierdie astronomiese las wys ‘n 37,2% verliestoename teenoor die voorafgaande boekjaar se 5,1 miljard. Die staatsbeheerde vragspoor- en hawensmaatskappy sê sy balansstaat is erg deur litigasie onkostes genkou.

SABC News berig Transnet moes onder meer 4,8 miljard opdok vir ‘n Total en Sasol derdeparty-eis. Die staatsbeheerde vragspoor- en hawemaatskappy het sy jongste syfers vandag bekend gemaak. Daar is ’n marginale verbetering in spoorvervoer volumes. Andile Sangqu, voorsitter van die Transnet-raad, skryf dit toe aan die implementering van suksesvolle herstelplan-inisiatiewe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×