Werkers van Transnet dreig om op Donderdag 21 Mei te staak weens ’n geskil oor loonverhogings.

Die vakbond UNTU sê hulle het Transnet kans gegee om te reageer op hul looneise, maar het nog geen antwoord gekry nie.

Hulle eis ’n verhoging van 7.5%, terwyl Transnet glo net 5% aanbied.

UNTU sê werkers is moedeloos en sukkel om met hul salarisse klaar te kom.

As daar nie voor Donderdag 21 Mei ’n ooreenkoms is nie, sê die vakbond dat hulle die staking sal begin.

Volgens Nuusflits kan dit groot ontwrigting veroorsaak, veral by hawens en vragvervoer.

Transnet het nog nie amptelik op die staking reageer nie.

Gesprekke duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!