Die 67ste jaarlikse Grammy-toekennings, met die Suid-Afrikaanse komediant, Trevor Noah, wat as gasheer dien – is tans by die Crypto.com Arena in Los Angeles – Amerika aan die gang.

CNN berig vyf jaar nadat die Grammys hulde gebring het aan die musikant Prince, het hy hul lewenslange prestasie-toekenning ontvang.

Intussen het Beyonce die Grammy vir beste country-album gewen en Shaboozwy, wat vanjaar as beste nuwe kunstenaar genomieer is, het sy treffer “A Bar Song – Tipsy” opgevoer.

Die wêreldwye musiekster Shakira het nog ‘n toekenning by haar roemryke loopbaan gevoeg en die Grammy vir beste Latynse pop-album huis toe geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×