Die troebel kraanwater in Dewetsdorp en Wepener, asook in Uitsig, Generaal de Wet, Hospitaalpark en Fleurdal, moet tot verdere kennisgewing gekook word voordat mense dit kan drink.
Die Mangaung-metro sê hierdie voorsorgmaatreël is ingestel terwyl daar na die rede vir die bruin kleur van die water gesoek word.
Watermonsters is vir ontleding na die laboratorium gestuur, en toevoerpype word nagegaan vir moontlike skade, wat dalk weens lekkasie toe vertroebeleling kan lei.
Intussen moet kraanwater minsents een minuut lank gekook word, en moet daarna geleidelik afkoel.
Indien mense nie water kan kook nie, moet een teelepel huishoudelike bleikmiddel by elke 20 liter water gevoeg word. Die mengsel moet vir twee ure staan voordat dit gedrink kan word.