Suid-Afrikaanse troepe is nie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) om president Cyril Ramaphosa se mynboubelange te beskerm nie.
Dit volgens die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, in antwoord op die EFF se bewering dat Ramaphosa se militêre optrede deur sy mynbelange in die DRK gedryf is.
Magwenya sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is al meer as 20 jaar by vredesmissies in die streek betrokke.