Die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-troepe by ‘n optog teen geslagsgebaseerde geweld in Matatiele in die Oos-Kaap word ondersoek.
Die soldate se teenwoordigheid by die Justice for Cwecwe-optog vroeër die week het vrae laat ontstaan, wat openbare verwarring en verontwaardiging veroorsaak het.
Volgens die weermag was die soldate as deel van ‘n grensbewaringsoperasie in die gebied.
Die weermag se Siphiwe Dlamini sê aan SABC die provinsiale bevelvoerders verantwoordelik vir die troepe en ontplooiings sal ná ‘n interne en eksterne ondersoek ‘n verslag indien.