Die Staatsdiensvereniging, Public Servants Association (PSA), sê dit is bekommerd dat, hoewel die departement van korrektiewe dienste (DKD) ’n bykomende R2-miljard ontvang het, personeelgetalle steeds sal afneem.

Volgens TimesLIVE wil die Nasionale Tesourie oor die volgende twee jaar meer as 700 poste in arbeidsintensiewe departemente, soos DKD en verdediging, verminder en bied dit aansporings vir vroeë aftrede aan staatsamptenare ouer as 55 jaar.

Die PSA sê hierdie afnames sal personeel oorlaai en veiligheid en rehabilitasie in tronke benadeel.

Rosestad-nuus het onlangs berig dat DKD se kostebesnoeiings ’n nuwe maaltydplan tot gevolg gehad het, maar gevangenes kla dat dit hul gesondheid benadeel.

Die vakbond eis dat minister Pieter Groenewald verduidelik hoe veiligheid en rehabilitasie gehandhaaf sal word te midde van personeelvermindering.

error: Inhoud is beskerm !!