’n 15-jarige seun van Kaapstad is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n 14-jarige meisie vermoor het.
News24 berig Naeema Marshall is in 2023 vermoor nadat sy glo geweier het om die seun te soen.
Benewens die vonnis vir moord, is hy ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en een jaar vir die onwettige besit van ammunisie.
Al die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Die saak het glo woede in die gemeenskap veroorsaak en tot protes buite die hof gelei.