Vier Bloemfonteins boekhouers wat tereg gestaan het op aanklagte wat diefstal en geldverduistering insluit, is tronkstraf opgelê, én moet boonop derduisende rand aan een van die stad se voorste oogkundiges terugbetaal.

Die vier vroue het glo van November 2015 tot Februarie 2019, geld onwettig uit die oogkundiges se rekening na hul eie oorgeplaas.

Dit het tot ’n verlies van bykans R2,6-miljoen gelei.

Luidens ‘n verklaring van die Valke in die Vrystaat, is die veroordeeldes, wat tussen die ouderdomme van 42 en 69 is, deur ‘n konsultasiefirma aangestel om die oogkundiges se boeke te doen.

Die Valke se ernstige kommersiële misdaadondersoekeenheid het betrokke geraak, nadat ‘n bank se bedrog-afdeling, transaksies opgemerk het wat verdag voorgekom het.

error: Inhoud is beskerm !!