Die voorsitter van die Parlement se Komitee vir Korrektiewe Dienste, Kgomotso Ramolobeng, het kommer uitgespreek oor die aantal tronkwagte in verhouding met gevangenes.
News24 berig die probleem is tydens ’n komiteevergadering Dinsdag bespreek.
Dit het gevolg op onder meer die ontsnapping van Thabo Bester uit ‘n tronk in Bloemfontein in 2022.
Bester het glo sy eie dood in die fasiliteit nagemaak en na bewering ’n ander liggaam in sy sel aan die brand gesteek.
Die Openbare Beskermer het aksies aanbeveel, insluitend ’n strategie om ontsnapping te voorkom.
Volgens die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste is die ideale verhouding twee wagte per 20 gevangenes.
In hierdie stadium is daar net een wag per 20 gevangenes.
Ramolobeng het gesê dit is ’n ernstige probleem en dit moet dringend hanteer word.