Die Trump-administrasie het Saterdagaand e-posse aan Amerikaanse federale werknemers gestuur waarin hulle gevra word om teen Maandagaand hul werksprestasies van die afgelope week te rapporteer of hul poste te verloor.

SABC News berig die e-posse is kort ná ’n plasing deur Elon Musk, hoof van die Departement van Regeringseffektiwiteit, gestuur waarin hy aangedui het dat versuim om te reageer as ’n bedanking beskou sal word.

Vakbonde het onderneem om enige onwettige afdankings te beveg, terwyl federale agentskappe werknemers aangeraai het om nie te reageer totdat die wettigheid van die opdrag bevestig is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×