Amerikaanse president Donald Trump het Brent Bozell III as ambassadeur in Pretoria benoem, om Reuben Brigety te vervang.
News24 berig in ’n Senaat-nota, gedateer 24 Maart 2025, is sy benoeming na die Komitee vir Buitelandse Sake verwys. Brigety het op 10 Januarie bedank.
Bozell se benoeming volg nadat Dana Brown as Amerika se waarnemende ambassadeur in Suid-Afrika ook bedank het.
Bozell is ’n konserwatiewe aktivis en stigter van die Media Research Centre.
Volgens die Suid-Afrikaanse regering is die benoeming ’n interne VSA-proses en sal hulle wag op Trump se finale besluit.
SABC News berig Bozell se aanstelling kom terwyl verhoudings tussen die VSA en Suid-Afrika gespanne bly, net ná Suid-Afrika se ambassadeur, Ebrahim Rasool, se uitsetting.