Die Amerikaanse presidentskandidate, Donald Trump en Kamala Harris het in hulle langverwagte debat van meer as ‘n uur en ‘n half in Philadelphia in Pennsilvanië, koppe gestamp oor knellende kwessies soos die oppergesag van die reg, die ekonomie, immigrante, aborsieregte asook buitelandse beleid.
SABC-nuus som op dat die debat effens gespanne begin nadat die twee vir die eerste keer hand geskud het. Nié Trump óf Harris het egter hul irritasie met mekaar probeer wegsteek nie.
Trump, die Republikeine se presidentskandidaat het Harris, die vise-president en die Demokrate se presidentskandidaat, as ‘n marxis bestempel en gesê sy en president Joe Biden het die Amerikaanse ekonomie verwoes. Trump het herhaaldelik die gesprekleiers se vrae oor beleid deurgetrek na die immigrasiekrisis.
Hy het in ‘n stadium die berigte herhaal van onwettige immigrante wat op sekere plekke soos Ohio mense se troeteldiere eet; hierdie berigte is egter reeds vroeër ras vals nuus bestempel
Harris het die talle hofsake teen Trump uitgelig.