Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy gaan finansiering vir Suid-Afrika afsny.
Dit, aangesien sekere klasse Suid-Afrikaners, volgens hom, baie sleg behandel word en die saak ondersoek moet word.
Reuters berig Trump het op sosialemedia gesê die Verenigde State sal nie daarvoor staan nie, en dat hulle sal optree.
Volgens Newskoop volg Trump se waarskuwing nadat president Cyril Ramaphosa die omstrede Onteieningwet onderteken het.
Hulle voeg by Amerika het hulle tot byna $440 miljoen se hulpverlening, verlede jaar, aan Suid-Afrika verbind.
Reuters berig verder dat Ramaphosa verlede maand gesê het hy is nie bekommerd oor Suid-Afrika se verhouding met Trump nie, en dat hy daarna uitsien om saam met sy administrasie te werk.
1 Comment
Comments are closed.