Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, het weer gesê dat hulle Groenland moet oorneem.
Volgens Reuters noem hy dit belangrik vir nasionale veiligheid.
Groenland se Eerste Minister, Mute Egede, het die besoek deur die Amerikaanse afvaardiging gekritiseer en gesê dit is ‘n uittarting.
Hy het ook gesê sy regering sal nie die afvaardiging ontmoet nie.
Trump het gesê hy werk saam met mense in Groenland wat verandering wil hê, maar het nie verder verduidelik nie.
Die VSA-afvaardiging, wat van Donderdag tot Saterdag in Groenland sal wees, sal onder leiding van Usha Vance wees, die vrou van vise-president JD Vance.
Volgens Denemarke se webwerf behou die Koninkryk Denemarke mag oor sekere sake in Groenland, en Reuters berig dat hulle ook kommer uitgespreek het oor die besoek.
Die Deense buitelandse minister, Lars Lokke Rasmussen, het gesê die besoek toon ‘n gebrek aan respek.