Donald Trump en mede-Republikeine het die Amerikaanse president, Joe Biden, gekritiseer omdat hy 31 Maart as Transgender-dag van Sigbaarheid erken het.

Sky News berig Trump en ander Republikeine noem dit ‘n aanslag op die Christendom. Die dag het vanjaar saamgeval met Paas Sondag. Trump se veldtogwoordvoerder sê hulle wil hê die Biden-administrasie moet alle Christene en Katolieke regoor Amerika in die openbaar om verskoning vra omdat die dag slegs om een rede, Jesus se opstanding, gevier word.

Intussen, het Trump homself kritiek op die hals gehaal nadat hy ‘n videogreep op sosiale media gedeel het van ‘n bakkie met ‘n plakker van Biden met sy hande en voete vasgebind. Trump word daarvan beskuldig dat hy glo geweld aanhits.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×