President Donald Trump van die VSA het op sy eerste dag verskeie beloftes na bevele geteken.

Nuusflits berig hy beplan om ’n nasionale energienoodtoestand af te kondig, olie- en gasproduksie op te stoot en die elektriese voertuigmandaat te beëindig.

Trump het ook aangekondig dat Amerika aan die Paryse klimaatooreenkoms onttrek en dat die regering net twee geslagte erken: man en vrou.

Hy wil beheer oor die Panama-kanaal terugneem en die Golf van Mexico hernoem na die Golf van Amerika.

Trump sê hy sal ’n noodtoestand aan die suidelike grens verklaar, kartelle as terroriste bestempel en onwettige grensoorgange sluit.

Hy het Amerika ook uit die WGO onttrek, omdat hy meen in vergelyking met China die VSA te veel betaal.

Volgens Maroela Media het hy terselfde tyd meer as ’n duisend staatsamptenare wat deur president Joe Biden aan gestel was ook afgedank.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×