Trump National-gholfklub is van sy gasheerstatus vir volgende jaar se Amerikaanse PGA-kampioenskap gestroop

 Trump National-gholfklub is van sy gasheerstatus vir volgende jaar se Amerikaanse PGA-kampioenskap gestroop

Trump National-gholfklub in Bedminster, New Jersey, wat deur pres. Donald Trump besit word, is van sy gasheerstatus vir volgende jaar se Amerikaanse PGA-kampioenskap gestroop.
Die PGA van Amerika se direksie het gister ten gunste van ’n besluit gestem om Trump Bedminster van die reg te ontneem om die PGA-kampioenskap in 2022 aan te bied,” het Jim Richerson, Amerikaanse
PGA-president, getwiet.
In ’n video wat op die organisasie se webwerf gepubliseer is, voeg Richerson by dat indien hulle steeds die toernooi op dié baan in New Jersey sou aanbied, dit die reputasie van die PGA sal skend.
Die PGA het nog nie aangedui watter baan nou die toernooi sal aanbied nie

LeandreAdmin@