Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal nie die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie weens beweerde volksmoord op ’n spesifieke groep mense en onwettige grondgrype.

IOL berig hy het dié omstrede bewerings op sy sosiale netwerk Truth Social gedeel en gevra hoe van die VSA verwag kan word om die beraad by te woon onder sulke omstandighede.

Trump beweer boere word van hul grond ontneem en vermoor.

Sy uitlatings volg op ’n wetsontwerp van Republikeinse Kongreslid Troy Nehls wat Afrikaners vlugtelingstatus in die VSA wil gee.

DA-leier John Steenhuisen ontken Trump se bewerings en sê daar is geen volksmoord of grootskaalse onteiening in Suid-Afrika nie.

The South African voeg by dat, alhoewel die beraad eers later vanjaar op 22 en 23 November plaasvind, die lokaal nog nie bekend is nie.

Intussen dui Trump se sosiale blad daarop dat hy ander lande wil oorreed om ook nie die G20 by te woon nie.

error: Inhoud is beskerm !!