Al word hy suksesvol vervolg, sal dit hom nie keer nie, het oud-president Donald Trump kort na sy hofverskyning gister gesê.

Hy het aan ondersteuners in New Jersey gesê hy sal die oorlog tussen Rusland en die Oekraine binne 24-uur beeindig as hy herkies word as president en sal ook ‘n spesiale aanklaer aanstel om ‘n korrupte president Joe Biden te ondersoek.

Trump het skuld ontken in ‘n federale hof in Florida op strafregtelike aanklagte dat hy onwettig nasionale sekerheidsdokumente gehou het toe hy sy amp verlaat het en vir amptenare gelieg het wat dit wou terugkry.

Hy staan tereg op 37 aanklagte.

Trump het gesê die VSA het Dinsdag die boosste en gruwelikste magsmisbuik in die geskiedenis van die land gesien, berig Reuters.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×