Bitcoin bereik vir die eerste keer die $100,000-kerf.

Maroela Media berig dat dit volg nadat die Verenigde State van Amerika (VSA) se president, Donald Trump, aangekondig het dat die Bitcoin-eenheid as hul hoof marktoesighouer gebruik sal word.

Verder het Trump aangekondig dat hy die VSA as die Bitcoin- en kriptohoofstad van die wêreld wil vestig en ook dat hy die tegnologie-reus, Elon Musk, wil aanstel om staatsvermorsing te reguleer.

Terselfdertyd beplan Trump ook om die medevoorsitter van Token Alliance, wat ’n voorstandersorganisasie vir die kripto-industrie is, as hoof van Amerika se Securities and Exchange Commission aan te wys.

Dit volg nadat Trump gedurende sy eerste presidentskap kriptogeldeenhede as ’n bedrogspul bestempel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×