Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, sal Vrydag gevonnis word in sy strafregtelike skuldigbevinding wat voortspruit uit swyggeld wat aan ‘n porno-ster betaal is.
Luidens Reuters, met beriggewing deur Netwerk24, het die land se hoogste hof gister die weg vir die vonnisoplegging in ‘n New Yorkse hof in Manhattan om 16:30 (SA tyd) gebaan. Hulle het ook ‘n versoek van Trump om dit, 10 dae voor sy inhuldiging as president, te stop, van die hand gewys.
Regter Juan Merchan, wat verlede jaar die ses week lange verhoor gehanteer het, het aangedui dat hy nie van plan is om Trump tronk toe te stuur of hom ‘n boete op te lê nie.
Die swyggeld-saak maak Trump die eerste Amerikaanse president wat aangekla en aan ‘n misdaad skuldig bevind is.