Twee verkragters is skuldig bevind in die Tseki-streekshof in die Oos-Vrystaat.

Volgens ’n polisieverklaring het Motsamai Simon Motsoari verlede jaar ’n 12-jarige meisie verkrag.

Hy is nou tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

Ook verlede jaar het ’n 16-jarige meisie se halfbroer haar verkrag toe haar stiefma by ’n shebeen gaan kuier het.

Sy het by haar stiefma se blyblek gekuier toe haar halfbroer opgedaag en gekla het dat hy honger is. Sy het vir hom iets gegee om te eet voordat die voorval gebeur het. Hy het nou sy vonnis van 18 jaar tronkstraf ontvang.

Die suksesvolle ondersoek is gelei deur speurdersersant Malefu Mbule van Phuthaditjhaba.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×