Tshepiso Magashule, oud-werknemer van die Guptas en seun van Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, het Donderdag weer vir beweerde bedrog in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Tshepiso se pa, Ace, verskyn na verwagting vandag saam met 16 ander beskuldigdes in die hooggeregshof in Bloemfontein, vir die voorverhoor van die beweerde bedrieglike asbesdak-oudit-saak. Die aanklagte teen die pa en seun hou nie verband nie. Strate om die hooggeregshof is reeds om middernag gesluit ter voorbereiding van Magashule senior se opwagting by die hof in die Rosestad. Luidens ‘n munisipale verklaring deur Qondile Khedama, word inwoners gevra om dié omgewing vandag te vermy. Strate wat gesluit sal wees sluit gedeeltes van President Brand- en St. Georgesstraat in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×