Tugstappe gaan geneem word teen die organiseerders van ‘n byeenkoms buite oudpresident Jacob Zuma se huis in Nkandla die naweek.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het die kantoor van die serkretaris-generaal, asook die KwaZulu-Natalse sekretaris opdrag gegee om onmiddellik te begin met tugstappe teen die organiseerders van ‘n byeenkoms buite oudpresident Jacob Zuma se huis in Nkandla die afgelope naweek.

Luidens berigte is die besluit Maandag geneem by ‘n spesiale NUK vergadering waar die jongste ontwikkelinge rondom die vonnisoplegging van Zuma bespreek is.

Honderde ondersteuners van Zuma het buite sy huis byeengekom midde die inperkingsregulasies van Vlak Vier.

Volgens die ANC se adjunk sekretaris-generaal, Jesse Duarte, moet die organiseerders ondersoek word vir aanhitsing van geweld en oortreding van inperkingsregulasies.

Oudpres. Jacob Zuma se aansoek om tydelike vrywaring van inhegtenisname, is intussen vir vandag en môre op die hofrol van die Hooggeregshof in Pietermaritzburg geplaas.

Dit hou verband met Zuma se saak van minagting van die Grondwet Hof en gevolglike tronkstraf van 15 maande.

Soos vroeër berig bring Zuma ‘n aansoek na die hof om ‘n bevel te bekom dat hy nie in hegtenis geneem word nie.

Intussen het Bheki Cele, die minister van Polisie, in ‘n brief die kantoor van die Hoofregter in kennis gestel dat Zuma nie nou, hangende sy aansoek in die Grondwet Hof om sy skuldigbevinding te hersien en herroep, in hegtenis geneem sal word nie.

Dié aansoek sal op 12 Julie aangehoor word.

Luister na potgooie hieronder