Die Tupperware Brands Corporation het in September aansoek om bankrotskap by Delaware-howe in Amerika gedoen.
Terwyl die aansoek vrae oor die kontinuïteit van die lisensie-ooreenkoms en werking van Tupperware Suid-Afrika laat ontstaan, blyk dit nie of Suid-Afrika by die lisensies, wat moontlik deur ‘n koper oorgeneem gaan word, ingesluit is nie. Dus sal Suid-Afrika nie toerusting ontvang om met die vervaardiging van produkte voort te gaan nie.
Volgens Tupperware SA se kommersiële hoof, Justin Korte, het die maatskappy ‘n vrywillige skeidingspakket oor die hele maatskappy uitgereik, met dienste wat op 31 Desember dié jaar beëindig word.
Die direksie en bestuur wag vir finale instruksies van die maatskappy se aandeelhouers en neem verder regsadvies in oor hoe om die huidige situasie te bestuur.