Twaalf laerskoolkinders van Carltonville is dood toe ‘n skoolvervoer-minibus omslaan en vlamvat, nadat ‘n bakkie dit van agter tref. Vanoggend se gru-ongeluk het ook die lewe van die minibus-bestuurder geëis, en nog sewe kinders is vir mediese hulp hospitaal toe gehaas.
Matome Chiloane, Gautengse LUR vir onderwys het op die ongelukstoneel aan Netwerk24 gesê daar is geen woorde om die tragedie te beskryf nie. Hy sê die ongeluk raak nie net die oorledenes se naasbestaandes nie, dit ruk die hele gemeenskap.