Twaalf mense is in ‘n stormloop dood toe sokkergeesdriftiges hul weg in ‘n stadion in San Salvador probeer baan het.

Ooggetuies vertel net twee van die stadion se hekke was skynbaar oop, en dat ander hekke oopgeskop moes word om by kinders en bejaardes uit te kom wat besig was om in die vertrapping te versmoor.

Ondersteuners het die stadion in die hoofstad van El Salvador probeer binnegaan om ‘n wedstryd tussen Alianza en F.A.S te kyk.

Francisco Alabi, minister van gesondheid, het gesê tot soveel as 90 mense moes mediese behandeling kry.

Fifa se president, Gianni Infantino, het intussen sy meegevoel met familie en vriende van die slagoffers gedeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×