Twee afsonderlike brande in Kaapstad het in vanoggend se vroeë oggend-ure die lewe van ses mense geëis. Jermaine Carelse, meld luidens ‘n metro-verklaring, dat twee kinders in Khayelitsha gesterf het, terwyl ‘n brand in Bonteheuwel die lewe van vier mense gekos het. Nog vier ander het beserings in die Bonteheuwel-brand opgedoen.

Netwerk24 skryf hulle het skynbaar by ‘n venster op die boonste verdieping van die woning uitgespring, om die vlamme te ontsnap. Twee aangrensende huise is ook in hierdie brand in Vyeboomstraat beskadig.

Ons bly in die Wes-Kaap, waar veilgheidsrisiko’s ondersoek word, nadat sterk wind ‘n sleepwa, en ‘n karavaan, van die brug by die Hugenote-tonnel afgewaai het. AfriForum het ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gerig oor veiligheidsrisiko’s op die brug naby die Paarl in die Wes-Kaap. Sanral het blitsig op die skrywe gereageer, met die versekering dat hy AfriForum se kommer deel.

Die sleepwa en die karavaan het in twee afsonderlike voorvalle, elk ongeveer 45 meter na benede getuimel. Twee ander voertuie het in die sterk wind op die padoppervalk van die brug omgeslaan.

error: Inhoud is beskerm !!