Suid-Afrikaners wat Benylin-hoesstroop in die huis het, word gevra om na die kode op die bottel te kyk. Dit volg na twee besendings van die hoesstroop met die kodes 329304 en 329303 dringend aan die mark onttrek is. Een van die besendings is in Mei 2021 vervaardig.
Die onttrekkings is nie van toepassing op alle Benylin- of ander hoesstrope nie. Die twee gevaarlike besendings bevat diëtileenglikol wat giftig vir mense is. Die betrokke Benylin-hoesstroop is ook in Eswatini, Rwanda, Kenia, Tanzanië en Nigerië verkoop.