Twee lede van die Born to Kill-bende is vasgetrek toe hulle twee mans wat voor ‘n huis in Universitas gewag het om in te gaan, probeer beroof het. Die voorval het Saterdagmiddag in Universitas gebeur voor die huis van Chris Snyman, toe die twee bendelede sy motorwerktuigkundige en dié se seun met ‘n hokkiestok en ‘n mes gedreig het. Snyman het aan Netwerk 24 gesê hy wil sy woonbuurt probeer veilig hou. Hy en lede van twee sekuriteitsfirmas het die twee rowers agtenagesit en aangekeer. Die polisie het hulle in hegtenis geneem. Die twee aanvallers is uitgeken aan die Born to Kill kentekens op hulle arms. Die polisie het ook op ‘n kamera beslag gelê. Snyman het gesê mense moet bewus wees van misdaad om hulle en om hulself veilig te hou. Hy het gesê hy gaan nog die Universitas woonbuurt weer regkry na ‘n vlaag misdaad en dwelmbedrywighede die afgelope tyd. Snyman het gesê misdadigers kruip weg by die ou Putt-Putt bane wat al vir jare in onbruik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×