Die Welkom Vlieënde Eskader en ’n span van Operasie Vala Umgodi het twee buitelandse burgers in hegtenis geneem vir dwelmhandel en -besit.

Volgens ’n polisieverklaring het konstabel Isak Johannes Jacobus Van Wyk inligting ontvang oor ’n wit Hino-bus wat verpakkings na Kaapstad vervoer.

Konstabel Van Wyk, wat op daardie tydstip nie aan diens was nie, het homself op diens geplaas en die inligting versprei.

Lede van die Welkom Vlieënde Eskader en Operasie Vala Umgodi is ontbied, en ’n lokval is naby die afrit na die R34-pad naby Kroonstad uitgevoer.

Die bus is gestop, en meer as 3810 pakkies Chata edulis-narkotika, beter bekend as Boesmanstee, ter waarde van byna R230 000, is gekonfiskeer.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×