Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf sal binne die volgende twee maande twee verskillende soorte entstowwe kan gebruik om hul voëls teen die voëlgriep-uitbreking te beskerm. Die Europese Unie sal die twee entstowwe stuur terwyl Suid-Afrika die dodelikste voëlgriep-uitbreking nóg beveg. Die pluimveebedryf beplan om die entstowwe te gebruik om die virulente H7-stam van die virus te teiken wat in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Vrystaat en Noordwes oorheers. Die bedryf hoop dat die entstowwe sal help om die erns van toekomstige virus-uitbrekings te verminder. In Soeklig vanmiddag om half-een gesels RosestadFM met Isak Breytenbach, algemene bestuurder van die Braaikuiken-organisasie van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging oor die huidige toestand van die voëlgriep in die land en hoe dit prysstygings van hoendervleis en eiers gaan beinvloed.
