Twee mans van Zimbabwe is met hulle terugkeer na Suid-Afrika met cholera gediagnoseer.

Albei gevalle is in Limpopo aangemeld, nadat die mans weens braking en diaree in hospitale by Musina opgeneem is.

Luidens die media word daar tans honderde cholera-gevalle per week in Zimbabwe aangemeld.

Limpopo se departement van gesondheid sê hy is op hoë gereedheidsgrondslag om te keer dat die siekte versprei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×