Meer as 30 mense is beseer nadat ’n olietenkskip en ’n vragskip in die Noordsee gebots het.

Daar was glo brande op albei skepe.

Maroela Media berig die beseerde persone is met drie vaartuie na land geneem vir behandeling.

’n Woordvoerder van die kuswag in die Verenigde Koninkryk sê die ongeluk het aan die kus van Oos-Yorkshire plaasgevind.

Terwyl die kuswag ’n teenbesoedelingsreaksie evalueer, het die Verenigde Koninkryk ’n grootskaalse reddingsoperasie gekoördineer.

Volgens die hawe-direkteur het ambulanse in rye op die kaai gewag.

Maroela Media berig verder dat botsings skaars is in die besige Noordsee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×