Twee groot vragmotors wat in dieselfde rigting op die berugte R34-pad in die Noordoos-Vrystaat onderweg was, het Sondagoggend albei in ‘n rivier beland toe een van die trokke vir slaggate uitgeswaai het. Netwerk24 berig Johann du Toit, hoof van die Laerskool Memel, wat op die toneel was het gesê die ongeluk het nagenoeg nege kilometer buite Memel in die rigting van Vrede gebeur. Hy het gesê die Vrystaatse department van polisie, paaie en vervoer het na talle versoeke nog niks aan die toestand van die pad gedoen nie. Na Sondag se vragmotorongeluk is een persoon na die hospitaal in Vrede geneem, terwyl die ander bestuurder geen beserings opgedoen het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×